Monday 23 July 2012

Application form to take Isabella on a date!


AANSOEKVORM VIR TOESTEMMING OM MY DOGTER TE MAG UITVRA
Lees asseblief die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vorm
ingevul word.Alle aansoeke moet vergesel word van 5kg (of meer) biltong, 12 bottels
KWV Roodeberg, 12 bottels KWV 10 jaar Brandewyn, en 1 kas Heineken.
Hierdie aansoek sal as onvolledig beskou word (en afgekeur word) indien
enige van die volgende NIE aangeheg is nie:
• Volledige finansiĆ«le state vir die laaste drie jaar
•Skool- en universiteitsgeskiedenis
• Werkgeskiedenis
• Familiegeskiedenis vir die laaste 200 jaar (Anglo-Boereoorlog Hensoppers,
joiners of Vermyders kan maar hier stop).
• Bestuurderslisensiegeskiedenis
• Volledige mediese ondersoek onderteken deur ‘n goedgekeurde dokter en
psigiater.
AANSOEKVORM
Naam: ____________________________________________________
Bynaam: ___________________________________________________
(Enige dierename of implementname soos saag, hamer, spyker, boor ens by
bogenoemde sal tot afkeuring lei)
Geboortedatum: _______________ Lengte: ______________
Gewig: ___________ IK:________________________
Skoolgemiddeld: ____________ ID #: _________________________
Bestuurderslisensie #: _________________
Tuisadres: ________________________________________________________________
Dorp/Stad : _________________ Kode: _________________
Het jy EEN manlike en EEN vroulike ouer? __________________________
Indien NEE, verduidelik __________________________________________
Aantal jare wat hulle getroud is: ___________________________________
Indien korter as jou ouderdom, verduidelik: __________________________
Besit jy:
‘n Kombi: J/N Ford Sierra: J/N
Enige ander kar met ‘n drukvin en allooiwiele wat NIE standaard is nie? J/N
‘n Waterbed: J/N ‘n Bakkie met ‘n matras agterin: J/N
Kondome: J/N Pornografie J/N
Dra jy ‘n oorbel, neusring of naeltjiering of enige ander ring? J/N
Het jy ‘n tatoeĆ«rmerk? J/N
INDIEN ANTWOORDE OP ENIGE VAN DIE BOONSTE VRAE JA IS, MOENIE VOORTGAAN
NIE EN VERLAAT DIE PERSEEL ONMIDDELLIK.
GEBRUIK EKSTRA PAPIER VIR DIE VOLGENDE VRAE
In 50 woorde of minder, wat beteken LAAT vir jou?
In 50 woorde of minder, wat beteken: MOENIE AAN MY DOGTER RAAK NIE?
In 50 woorde of minder, wat verstaan jy onder GEHEELONTHOUDING?
In nie MINDER as 5000 woorde nie, verduidelik wat jy verstaan onder die woord
VRY?
In 10 woorde of minder, wat verstaan jy onder die volgende:
KASTREER: ____________________________________________________
GENADEDOOD: __________________________________________________
Naam en adres van die kerk wat jy bywoon: __________________________
Hoe gereeld woon jy kerk by?___________________________
Wanneer sal die beste tyd wees om die volgende persone te ondervra:
Vader: __________________ Predikant: ____________________
Moeder: ______________ Paroolbeampte: ________________
Sal jou ouers hulle vrywillig aan genetiese toetsing onderwerp of sal
doofpyle gebruik moet word? ___________
Enige besware teen die deursoeking van jou persoon, voertuig, hok of gat of
enige ander blyplek? ___________
Voltooi die volgende sinne. Antwoorde sal as vertroulik beskou word.
a. Indien ek geslaan word, wil ek baie graag NIE die volgende been gebreek
wil he nie: ________________________________________
b. Indien ek raakgeskiet word, sou ek nie raakgeskiet wou word op
my:______________________________________________
c. ‘n Vrou se plek is in die: ______________________________________
d. Die een ding wat ek hoop NIE gevra sal word in die onderhoud nie,is:
___________________________________________________
e. Wanneer ek ‘n meisie vir die eerste keer ontmoet, sien ek heel eerste
die volgende raak:____________________
NOTA: Indien enige antwoord as verlangs as vulger beskou sou kon word, stop dadelik.
Terwyl jy die perseel verlaat, hardloop in S’e en hou jou kop laag.
Wat wil jy word INDIEN jy moontlik groot word?___________________________
Wat is die huidige tariewe van ‘n hotelkamer?_____________________________
Hoe weet jy dit? _____________________________________________________
Aan watter sport dink jy as jy die woorde hoor “First Base” en “Second
Base”?______________________________
HIERMEE BELOOF EK PLEGTIG DAT AL DIE BOGENOEMDE INLIGTING KORREK EN
WAAR IS. VERKEERDELIK VERSKAFDE INLIGTING MAG LEI TOT DIE DOOD,
ONTMANNING, DIEVERLOOR VAN LEDEMATE, ROOIMIER-MARTELING, KRUISIGING,
ELEKTRIESE SKOK, CHINESE WATERMARTELING EN ROOIWARM YSTERTOEDIENING.
HANDTEKENING (dis jou naam): __________________________________________
Dankie vir jou belangstelling. Laat asseblief 4 tot 6 jaar toe vir
prosessering. Jy sal skriftelik in kennis gestel word indien jou aansoek
aanvaar word. Moet asseblief nie probeer om telefonies, elektronies,
skriftelik, per posduif, vingertaal of deur middel van rookseine in
verbinding te tree nie (aangesien dit tot ernstige beserings kan lei).
Indien jou aansoek afgekeur word, sal ek en my slagter jou persoonlik kom in
kennis stel…